Advertisement
HoutstokBoeremusiek Fees 2025 - 28 tot 30 Maart 2024Saldanhabaai Vakansie Oord
Houtstok Events het weereens die hele oord vir die naweek uitgehuur, vanaf Vrydag die 28ste om 08H00 tot Maandag die 31ste Maart om 10H00. Hekke oop amptelik om 12H00
Die hoofdoel is om n jaarlikse funksie te vestig tot voordele van Houtstok FM. 'n Hele naweek van ongelooflike pret en plesier! Lekker musiek dans en saam kuier!
Akkommodasie:
Chalets
Daar is 48 Chalets waarvan ons 46 gaan uitverhuur vir die naweek. Die ander 2 is vir Houtsok personeel wat daar sal oornag. Volledig toegerus vir “self-Catering”!
R800 kontant “breakage” deposito betaalbaar as hul inboek en wat terugbetaal sal word as alles in orde is wanneer besoeker uitboek.
Karavaan Staanplekke
Daar is n minimum van 75 karavaan staanplekke beskikbaar almal met kragpunt, water en eie braaiplek. Deel ablusieblok beskikbaar.
Glamping Tent Staanplekke
Daar is n minimum van 30 tent Glamping Tente. Twee beddens
met beddegoed en handdoeke, bedtafel, twee "Director chairs" elektrisiteit, water en braaiplekke. Ontbyt ingesluit. Deel ablusieblok beskikbaar.
Belangrik: Nota: Jy mag jou eie kos en drinkgoed inbring na bogenoemde maar kan ongelukkig nie dit inneem na die Feesarea nie!
Feesprogram
Vrydag die 28ste Maart 2025
Die Houtstok Boom-Boks sal van 12H00 musiek maak op die oord. Vrydagaand vanaf 18H00 sal die Fees aktiwiteite afskop in die Dial Rock Saal op die oord. Dit gaan ‘n lekker opskop en karaoke aand. Elk van die deelnemende Boeremusiek orkeste sal een slot van 60 minute doen.
Saterdag die 29ste Maart 2025
Saterdag oggend aktiwiteite begin 10uur tot 24H00 die in die Dial Rock Saal. Op Saterdag sal elke Boeremusiek Orkes sal twee 60 minute slots doen/
Die volgende Boeremusiek Orkeste sal optree:
• Klipwerf Boereorkes Moet nog bevestig word
• KannieWarrie Boereorkes Bevestig
• Vatvas Dans Orkes Bevestig
* Kaaplandse Boereorkes Bevestig
* Hennie de Bruin en Kitaar kerels - Bevestig
Volledige program schedule sal nader aan die tyd verskaf word.
Sondag die 30ste Maart 2025
Sondag is 'n GROOT dag!! ‘n Lekker Afrikaanse Ikone show!
Die Ikone sal optree vanaf 10H00 to 18H00! Elke kunstenaar sal 2 30-minute slots doen! Meer inligting oor die Ikone sal binnekort bekend gemaak word.
Wat kan Feesgangers verwag op die oord gedurende die loop van die naweek?
Hierdie is ideale wegbreek geleentheid vir jou en jou hele gesin reg langs die see! Die Saldanhabaai lagoon is een van die moosite strande in die Weskus! Bring jou karavaan, tent of huur n chalet om die hele naweek hier te kom ontspan!
Perfekte geleentheid om saam met ou of nuwe vriende (ander Houtstokkers) te kuier! Veilig vir jou kinders met 24 uur sekuriteit en NSRI wat die strand area sal patroleer. Jy is loop afstand van al die fees verrigtinge! Geen probleme met drink en bestuur nie! Jy kruip sommer na jou kooi toe!
Daar gaan tonne aktiwiteite beskikbaar wees die naweek. Daar is stalletjies vir die dames wat lus is om net lekker rond te loop, daar is die vermaaklikheids aktiwiteite in die Dial Rock Saal en Vermaaklikheids area!
Die Vermaaklikheidarea gaan EPIC wees!
Vir die jongspan is daar onder andere trapkarre, springkastele 8m Klimmuur gesigverf ensovoorts!!
Dan vir die bietjie groter kinders en jong “ou mense” is daar die Mechanical bull, Bumping ball Sokker, Waterdump, 50m slip en slide, Pillow fight op ‘n “beam” oor ‘n modderbad, modderbad stoeikryt, over mud bath en nog meer!
As jy wil visvang die ou Skeepswrak in die Saldanhabaai lagoon is slegs 500m van die oord af! Jy hoef nie eers diep in te gooi nie!
Kaartjies sal SLEGS beskikbaar wees op www.eazyticket.co.za vanaf die 1ste September 2024
Belangstellend stalletjiehouers en vir meer inligting kontak ons gerus op 022 880 0122
#BalketoesaamHoutstokFM
Inligting om van kennis te neem.
As alle akkomodasie uit verkoop sou wees sal daar +/- 650 op die oord oorbly. Die Dial Rock Saal en tent area kan slegs 1000 mense akkommodeer. Dus is die aantal dagbesoeker beperk tot 350.
Advertisement
Event Venue & Nearby Stays
Saldanha Bay Holiday Resort, Darling, South Africa