Advertisement
AANBIEDER: ARINA DUVENHAGE
van GARDEN OF EDEN GARDEN SCHOOL
TYD: 10H00 – 13H00
KOSTES: R450 pp. Beperking op deelnemers aan kursus
INSKRYWINGS: stuur jou epos adres na 082 331 5434 indien jy belangstel.
Onderwerpe van bespreking:
1. Bou ‘n gesonde leem grond vanuit sand en of klei gronde
Ons deel met jou die voordele en nadele van jou grond en hoe om dit binne 3 maande te korrigeer tot ‘n lewendige leemgrond.
2. Voordele en nadele van kompos
Daar is meer nadele as voordele tot kompos aankope, daarom is dit so noodsaaklik dat jy kan onderskeid tref tussen die goeie en die slegte kompos, want dit bepaal jou groei, oes, pes beheer en ook swamsiektes van plante. Hoe om slegte kompos te verander.
3. Plaas lewe in die grond
Leer ken die verskil tussen ‘n lewendige grond en ‘n dooie grond en hoe dit die groei van groente affekteer, en ook die verskil lewer tussen sukses en mislukking op groentetuine.
4. Diffusie vs mineralisasie
5. Voor en nadele van grond chemika
Het jy werklik enige grond chemika nodig en watter minerale en hoeveel word benodig. Kan jy groente plant met net kompos of is minerale ook nodig. Huidiglik gooi ons 60%- 80% te veel minerale op groentetuine.
6. Inhibeer die plant insekte peste
Wat veroorsaak dat jy insekte peste op plante het en hoe kan dit verhoed word.
7. Verhoed die plant siektes
Die redes vir swamsiektes en bakteriële siektes op plante en hoe om dit te voorkom sonder die gebruik van swam beheer.
8. Suksesvolle saad ontkieming
As jy nie +90% ontkieming het op jou saad nie, is hierdie lesing se inligting net vir jou bedoel. Ons gee jou al die oplossings.
9. Voordele en nadele van saailinge
Hoe kan ons die chemiese intelligensie van die saailing,vanuit die kwekery, verander na ‘n plant wat deur mineralisasie gevoed word.
10. Plant intelligensie
Saad en plante se groeiwyse kan heeltemal verander word met die toediening van tegnieke deur plant intelligensie te leer ken. ‘n Gesonder tuin, met geen of minder uitgawes word hierdeur beloon. Metodes om ons groente meer droogte bestand en hitte bestand te maak.
11. Plant pasmaats
Wat is die invloed wat plant pasmaats en plant spasie op die groeikrag en pes beheer het.
12. Voeding vir gesonde groente
Gesonde voeding, met vitamiene en anti-oksidante word gegroei op gesonde aerobiese grond, waar plant intelligensie en mineralisasie heers.
13. Voordele en nadele van grond bedekkings
Beskerm jou water rekening, die grond organismes, die plant se haarwortels en verminder daardeur peste en plant siektes.
14. Water metodiek
Is daar iets soos te veel water op groente en hoe om te bepaal wanneer is genoeg.
15. Verhoog jou vrugdrag
Somer groente het sekere minerale en spoor elemente op sekere groeitye nodig om ‘n hoër vrugdrag te kan bekom. Ons deel met jou die geheime tussen ‘n plant met 10 tamaties en 60 tamaties.
16. Verlaag jou insetkostes
Watter metodes om te gebruik sodat jou uitgawes op onkruid beheer, pes beheer, swam beheer en groei kan verlaag.
17. Eet gesonde voedsel
Om gesonde voedsel te kan eet, dwarsdeur die jaar, het die tuinier ‘n onderhouds plan nodig om te volg. Hierdie plan vir onderhoud van jou groentetuin word met jou gedeel.
Tydens die kursus word ook ‘n boek, met foto’s en idees aan jou uitgedeel met al die nodige notas daarop, en ook plek om ekstra notas te maak. Ons stuur ‘n inligtings blad aan elke inskrywer vir die kursus, waar ons vrae vra oor jou kennis en jou probleme in die tuin, sodat die klasse ook vir jou persoonlike inligting kan besorg, om jou tuin probleme op te los.
Ons benodig nog heelwat inskrywings en vra ons lede, wat weekliks gratis inligting van ons ontvang, om hierdie kursusse te ondersteun ,selfs al adverteer jy dit net op jou sosiale media groepe vir ons.
Om te kan inskryf vir die kursus, word jou naam en van met selnommer en epos adres, tesame met die dorp van bywoning gestuur aan ARINA 082 331 5434 sodat sy die nodige vraelys en inligting aan jou kan aanstuur.
Advertisement
Event Venue & Nearby Stays
Centurion,Pretoria South Africa, South Africa