Geloftedag is elke jaar die grootste dag op die Voortrekkermonument se kultuurkalender.
Vir die afgelope drie jaar word dié dag voorafgegaan deur ’n weeklange kultuurfees waar
duisende mense kom kuier om saam te sing dans en hul kultuur te vier én vanjaar maak ons weer so tussen 9 en 16 Desember.
Vanaf 9-11 Desember betaal jy slegs vir jou parkering (R20 per voertuig) op die terrein. Vanaf 12 Desember is die Oppi’ Markplein Kersmark beskikbaar teen R20.00 per persoon met alles van handgemaakte goedere tuisgebak antiekware en swartkruitdemonstrasies. Neem kennis: hierdie fooi is nie van toepassing om die Voortrekkermonument-museum te besoek nie.
Hier word oudergewoonte verskeie aktiwiteite vir die jongspan aangebied; hulle kan uitsien na waterballonspeletjies waterglybane en boeresport. Besoek die Toekomsbou-
museumteater vir ’n erfeniservaring soos min. Vanjaar word ons immergewilde Nagtoermaraton ook deur die week aangebied waartydens die kinders ’n lekker fliek in die Voortrekkersaal kan geniet.
Die Gelofte word ook soos in die verlede elke aand afgelê gevolg deur die tradisionele afvuur van Kanon Susanna.
Klik hier om te sien wat jy onderskeidelik van 9-16 Desember op die
Voortrekkermonument-terrein kan doen: https://vtm.org.za/gelofteweek-2024/
Event Venue & Nearby Stays
Voortrekker Monument, Eeufees Rd, Groenkloof 358-Jr, Pretoria, 0027, South Africa