Advertisement
																								 
											
                  	
                    “Wat Laurika Rauch in die sewentigs gedoen het – haar musiek was vir daardie generasie net so anders – dít doen Frieda van den Heever nou met Spoorsny, haar debuutalbum. Verkennend, vernuwend, vars. Dit het die gehore gaande.”Hanlie Retief, Rapport
‘n Album wat jou op reis na binne neem, laat opkom vir asem en help met jou reis om die son, al is dit met geskroeide vlerke. Van den Heever skryf met al haar sintuie. Sy is een van die min mense wat aan skynbaar gewone woorde geestelike waarde kan gee. Of vir mense wat nie so diep wil delf nie, net die plesier verskaf om na lewenswyshede te luister. Sy vang gevoelens vas wat jy graag self sou wou verwoord, maar nie kan nie en daarom leen jy by wat sy sê. Die album is ‘n bron van ervarings van iemand wat weet wat dit is om te leef – liedjies met eerlikheid oor verlange, liefde, verlies, die lewe en die dood, en veral hoop.
Mariana Malan, Die Burger
Kom luister op 11 Desember na die musiek van Spoorsny en meer. Frieda van den Heever gaan saam met die uitstekende musikant, Mauritz Lotz (kitaar) op die verhoog wees.
                  			Advertisement
																								 
											
                  	
                    Event Venue & Nearby Stays
Die Boer, Chenoweth Straat 6, ,Cape Town, Western Cape, Durbanville, South Africa
								    Tickets
								
							
									Concerts, fests, parties, meetups - all the happenings, one place. 
								
							





