Advertisement
René Niewoudt besef sy is op die punt om alles te verloor, insluitend: haar man, haar lewe en haar huis. Die stootskrapers en slopingsvoertuie arriveer om haar lewe om te dolwe en sy word tot op breekpunt gedruk. In ‘n desperate poging om die verlies uit te stel (en hopelik af te stel), klim sy tot bo op die dak van haar huis. Daardie einste huis waar sy haar hele getroude lewe al bly, die huis waar sy en haar man nes geskrop het, waar hulle kinders grootgemaak het… Van hier bo af, besin sy oor haar lewe, haar liefde, haar man, haar kinders, en die algehele redes vir haar bestaan. Sy baklei met bure, omstaanders, selfs die demolisie-span wat in afwagting staan en wag vir haar terugkoms aarde toe. Hoe lank kan sy daar bo bly? Van hier bo af lyk die wêreld heel anders. En wie weet? Miskien kan hierdie uitkyk, vir haar ‘n nuwe uitkyk gee.
Advertisement
Event Venue & Nearby Stays
Cnr Of Lynnwood Rd And Daventry St, 0081 Lynnwood, South Africa, Pretoria, South Africa
Tickets