![BRENDAN PEYPER @ SILVERSTAR BARNYARD](https://cdn.stayhappening.com/events4/banners/01251105392726c4526831155056065a451bc2202da1aebf68c6a83b476ed2ac-rimg-w960-h540-gmir.jpg?v=1648066763)
Advertisement
Stop, Wag, Bly ‘n Bietjie want Hy Loop Oop en klim sy Everest nog hoër. Brendan Peyper is Sterk Soos ‘n Leeu met sy nuutste album, Twintig20, beskikbaar vanaf 3 April 2020!Die bul van Bloemfontein is terug met sy splinternuwe album vir 2020, getiteld Twintig20! Met hierdie jong ster se aanhoudende sukses in die musiekbedryf sedert sy eerste trefferbekendstelling van Stop, Wag, Bly nog ‘n Bietjie, is dit geen verrassing dat sy aanhangers nie kan wag vir hierdie nuwe album nie. Brendan het besluit om terug te keer na sy wortels met dié nuwe album, maar met ‘n vars, nuwe klank. Met meer pret en lighartige liedjies soos “Lekkerder op my Trekker” en “Vasdanslyf” kry hy nogsteeds sy positiewe en opbouende boodskap daar buite met liedjies soos “Sterk soos ‘n leeu” en “Ons maak saak” (ft. Elandré, Christia Visser & Refentse), wat reeds vroeër hierdie jaar vrygestel is. Brendan het selfs ‘n liedjie geskryf vir sy beste pel, Trompie, sy Jackrussel, ‘n liedjie wat jy beslis wil hoor. Met die lekker onderliggende-toon van die album het hy ook meer volwasse gegroei as kunstenaar wat deurskyn met ‘n meer “live band, country rock” -klank, wat jy nie anders sal kan as om jou voete-en-jou-kop te skud nie. Twintig20 sal jou aan die dans en aan die spring hê, laat verlang en laat lag soos Brendan jou op ‘n reis vat van sy 20/20 visie vir die toekoms.
Twintig20 is een van die treffer-albums wat jy beslisl in jou versameling wil byvoeg.
Beskikbaar vanaf 3 April in alle goeie musiekwinkels en digitaal.
Advertisement
Event Venue & Nearby Stays
Barnyard Silverstar, R28, Muldersdrift, Krugersdorp, South Africa
Tickets