Advertisement
Die eerste en laaste keer vir Boeremusiek RoccoStyl by Atterbury Teater.Met Rocco de Villiers op klavier, Lizelle le Roux op viool en Hansie Roodt jr op kitare en drom-pedaal.
So klassiek soos ‘n styf gestyselde voortrekker kappie, vars soos ‘n melktert uit die oond en watertand-sappig soos ‘n boerewors rol van die kole, gebruik pianis en vermaaklikheidskunstenaar Rocco de Villiers sy tower stokkie om musiek uit sy jeug weer te besoek. Musiek van sy pa se boereorkes in die Vrystaat gedurende die 1970’s. Maar alles in Rocco se kenmerkende styl, en gepas vir die 21ste eeu.
“Boere-classics” kry nuwe baadjies met massiewe blomme en saam met Lizelle en Hansie blaas hulle nuwe lewe in stukke soos Umfaan, Penny Whistle Kwela, Outa in die Langpad, Kalfiewals, Hartseerwals, Die ou waenhuis, natuurlik keurspel van Jim Muller en musiek van legendes soos Nico Carstens en Hansie Roodt sr.
BOEREMUSIEK, ROCCOSTYL is ‘n viering van eg Suid Afrikaanse inheemse musiek. Kry ‘n kaartjie, kry ‘n drankie, raak nostalgies en kom na die vertoning. Rocco, Lizelle en Hansie is goed aangetrek, goed voorberei en goed ge-olie! Hoe dan anders!
Advertisement
Event Venue & Nearby Stays
Cnr Of Lynnwood Rd And Daventry St, 0081 Lynnwood, South Africa, Pretoria, South Africa
Tickets