BOBBY VAN JAARSVELD @ SUNCOAST BARNYARD

Wed, 16 Jul, 2025 at 07:00 pm UTC+02:00

Suncoast Boulevard, 4056 Durban, South Africa | Durban

Suncoast Barnyard
Publisher/HostSuncoast Barnyard
BOBBY VAN JAARSVELD @ SUNCOAST BARNYARD
Advertisement
Bobby van Jaarsveld, gebore op 6 Maart 1987 in Pretoria, Suid-Afrika, het op die jong ouderdom van sewentien jaar oud die Afrikaanse musiekbedryf oorrompel met sy eerste album, "Duisend Ure", wat in 2004 vrygestel is. Hierdie album het onmiddellik amok gemaak en Bobby se talent as 'n uiters talentvolle jong kunstenaar beklemtoon. Sy eerste groot deurbraak het gekom toe hy dieselfde jaar die toekenning vir Beste Nuweling by die Huisgenoot Tempo-toekennings ontvang het. Hierdie erkenning het die basis gelê vir wat voorspel is om een van Suid-Afrika se grootste musiekloopbane te wees.
Bykans 20 jaar later is Bobby van Jaarsveld inderdaad een van die land se grootste kunstenaars, wat met trots op 'n indrukwekkende musiekloopbaan kan terugkyk. Sy treffers, soos "Spieëltjie", "Net Vir Jou", "Kyk Waar is Ons Nou", en"Net ’n Man", is net enkele van die liedjies wat daagliks op radiogolwe landswyd gespeel word. Hierdie liedjies het nie net sy gewildheid bevestig nie, maar het ook 'n blywende indruk gemaak op die musiekbedryf en die harte van sy aanhangers. Hy het ook al sy lyf akteur gehou op die silwerdoek in Liefling, Die Movie en As Jy Sing asook TV-reekse soos In Jou Skoene, Mense Mense, Die Kontrak en Spoorloos. Hy was ook ‘n beoordelaar op die Suid-Afrikaanse weergawe van The Voice. As hy nie op die verhoog is nie speel hy Pa vir sy drie kinders – Sion, Leben en Armani waar hul tans aan die Natalse kus woonsaam is.
Na 'n droogte van byna vyf jaar is Bobby terug in die kollig verskyn met nuwe vrystellings soos, "Toe, Nou en Altyd," "Verlore Seun" en "Lief My Weer Lewendig." Hierdie liedjie is 'n voorsmakie van nuwe musiek wat binnekort sal volg en bring 'n perfekte balans van nostalgie en nuwe energie. Dit beloof dat Bobbyaanhangers, oud en nuut, van vooraf 'n nuutgebore passie vir hom en sy musiek sal ontdek, veral na die gaping wat sy afwesigheid gelaat het.
Bobby van Jaarsveld se loopbaan is 'n getuienis van sy talent, deursettingsvermoë, en die diep emosionele verbinding wat hy met sy musiek kan skep. Met elke nuwe liedjie en optrede bevestig hy sy posisie as een van Suid-Afrika se mees geliefde kunstenaars, en hy bly 'n inspirasie vir musiekliefhebbers regoor die land.
Advertisement

Event Venue & Nearby Stays

Suncoast Boulevard, 4056 Durban, South Africa, Durban, South Africa

Tickets

Discover more events by tags:

Entertainment in Durban

Sharing is Caring:

More Events in Durban

Kzn Industrial
Tue, 22 Jul, 2025 at 08:30 am Kzn Industrial

Durban Exhibition Centre

KZN INDUSTRIAL TECHNOLOGY EXHIBITION 2025
Tue, 22 Jul, 2025 at 08:30 am KZN INDUSTRIAL TECHNOLOGY EXHIBITION 2025

Durban ICC Arena

Literary Festival KZN 2025
Fri, 25 Jul, 2025 at 05:00 pm Literary Festival KZN 2025

The Barnyard Theatre Suncoast

SuperEnduroX Round 4 - TSOGO SUN, SUNCOAST
Sat, 02 Aug, 2025 at 10:00 am SuperEnduroX Round 4 - TSOGO SUN, SUNCOAST

SUNCOAST Durban

Women's Day Boat Cruise 2025
Sat, 09 Aug, 2025 at 09:00 am Women's Day Boat Cruise 2025

Durban Harbour

JUANITA DU PLESSIS @ SUNCOAST BARNYARD
Wed, 13 Aug, 2025 at 07:00 pm JUANITA DU PLESSIS @ SUNCOAST BARNYARD

Suncoast Boulevard, 4056 Durban, South Africa

Durban is Happening!

Never miss your favorite happenings again!

Explore Durban Events