Advertisement
Sy vertoning word beskryf as “melktert en boerewors” en as jy nog nie die vertoning gesien het nie dan moet jy vra wat jou daarvan weerhou.André Die skreeusnaakse Hipnotiseur (soos wat hy bekend staan), tree vir die laaste 35 jaar reg oor die land op en alhoewel mense hom ken weens sy vermoë om vrywilligers in verskeie skreeusnaakse situasies te plaas beskou André homself as ‘n komediant wat baie kan praat.
Wat André se vertoning so uniek maak is dat geen enkele aand ooit dieselfde is nie en André is vinnig om te erken dat selfs hy nie weet wat hy kan verwag nie. Die sukses van die vertoning is heeltemal afhanklik van die mense wat deel maak van die vertoning en alhoewel mens nie so sou dink nie, is daar altyd ‘n groot hoeveelheid gehoor lede wat graag deel wil wees van die aand se vermaak.
Indien jy lus is vir iets anders, iets wat jou vreeslik gaan laat lag, iets wat jou gaan laat wonder en iets wat jou die volgende dag aan die praat gaan hê dan kan jy nie André Die Skreeusnaakse Hipnotiseur se vertoning misloop nie. André tree vir slegs een aand by die Fairtree Atterbury teater op.
Advertisement
Event Venue & Nearby Stays
Cnr Of Lynnwood Rd And Daventry St, 0081 Lynnwood, South Africa, Pretoria, South Africa
Tickets