Afrikaans is Lekker 2022 Perth

Sun Sep 04 2022 at 04:00 pm to 09:00 pm

Kingsway Christian College | Perth

SA Events
Publisher/HostSA Events
Afrikaans is Lekker 2022 Perth
Advertisement
Afrikaans is Lekker 2022 - Besprekings sal open Vrydag 10 Junie. Deure open 30 minute voor die optrede.
Kom kuier saam in Afrikaans met Jo Black, Danny Smoke en Elandré. Ons gaan optredes doen in Brisbane, Sydney, Auckland, Melbourne en Perth. Gaan kyk na die “events” op die bladsy vir meer inligting oor elke optrede. Ons sal die inligting opdateer soos ons die reelings finaliseer.
‘n Passievolle vertoning deur Jo Black waar hy sing van skepe en hoop en tussen-deur stories vertel wat mens net weer herinner dat dit alles net genade is. Hy deel persoonlike insigte en nuwe liedjies, wat jou voete sal laat op-en-af tik en jou hartsnare roer. Jo se nuwe album word Junie 2022 vrygestel.
Danny Smoke se nuwe toer is dit een groot party - van die begin tot die einde. Kom reg vir kuier want Danny se konserte is vol energie. Konsertgangers gaan een word met treffers soos Jou Lippe, Gaan Ons Inlê en T-Shirt wat gehoor kan word. Dit gaan 'n aand wees om te onthou!
Dié Oos-Kaap sanger en liedjieskrywer Elandré het in 2016 groot naam gemaak na sy tuis-weergawe van Bruce Springsteen se 'Tougher Than The Rest' miljoene kykslae gewerf het op sosiale media wat gelei het na ’n platekontrak vir die jong, voormalige teaterstudent. Kort daarna volg die Platinum-verkopende debutalbum Kleindorp-Dromer, en die oorkruis-album BOOMHUIS, insluitend die video-treffer: Vuur op Die Water. In 2020 reik hy sy bekroonde Derde album, die Europop-belaaide, Rugsak uit. Met geen breek van momentum het daar reeds nuwe nommers die lug begin sien met die nostalgiese lagarmlied: Hand aan Hand wat beslis met ’n warm welkom ontvang is. Met reekse uitverkoopte toere, skouspelagtige optredes en kragtige musiekvideo’s het Elandré in ’n kort tyd sy plek verdien as een van Afrikaans se gunstelinge.
Hierdie optredes word ondersteun deur Wereldwyd en Afriforum. Baie dankie vir wathulle doen vir Afrikaans.
Advertisement

Event Venue & Nearby Stays

Kingsway Christian College, 157 Kingsway Darch,Perth,WA,Australia

Tickets

Discover more events by tags:

Parties in PerthEntertainment in Perth

Sharing is Caring: